Webmeesters: Heesen Productions
Tel: 021 801 7485
Sel: 084 909 7485
Mev. Spangenberg het reeds ‘n lang pad saam met Laerskool Klawer
gestap. Beide haar dogters, wat nou reeds hul tersiêre opleiding voltooi het, het hul laerskoolloopbaan by die skool deurloop.
Gedurende hierdie tyd was Mev. Spangenberg nie net ‘n betrokke ouers nie, maar het sy ook op die beheerliggaam van die skool gedien.
Dit was gedurende hierdie tydperk dat haar sin vir orde, akkuraatheid en regverdigheid sterk navore gekom het.
Mev. Spangenberg het amptelik op 1 Mei 2010 diens as Finansiële en Administratiewe Beampte by Laerskool Klawer aanvaar. U kan haar e-pos by admin@lsklawer.co.za.
Mev. Jordaan is ‘n staatmaker wat selfstandig vele situasies by die skool hanteer. Haar
netheid en sin vir orde stel ons opvoeders en leerders in staat om daagliks in deeglik gedienste lokale te kan verkeer. Haar
lang betrokkenheid by Laerskool Klawer wek vertroue en waardering vir wat sy vir die skool beteken.
Mnr. Cobie Jordaan is ons nuutste steunpersoneel-aanstelling. Die personeel en SBL is verheug
oor sy aanstelling omdat hulle oor soveel vaardigehede beskik. Daar is haas geen opdrag waarvoor sy hande verkeerd staan nie. Die
skool vertrou dat hulle nog jare van sy dienste gebruik sal kan maak.