Webmeesters: Heesen Productions
Tel: 021 801 7485
Sel: 084 909 7485
SKOOLFONDS, BUSVERVOER- EN MUSIEKGELDE
Skoolfonds is betaalbaar op die eerste skooldag van die skooljaar, maar kan maandeliks
in 10 gelyke paaiemente, vereffen word. Diê ouers sal dan ‘n kredietooreenkoms met die skool onderteken.
Ouers kan aansoek om
gedeeltelike of algehele vrystelling van skoolfonds doen. Die aansoekvorms moet gedurende die Januarie by die skool afgehaal word,
voltooi word en ingelewer word.
Die skoolfondstruksture kan aan ouers ge-e-pos word. Rig u navrae aan admin@lsklawer.co.za of
skakel die skool gedurende skoolure.
Busvervoer word verskaf teen tariewe wat die SBL bepaal. Hierdie gelde is treng vooruitbetaalbaar.
Musiek-
en UNISA-gelde word direk aan die betrokke musiekonderwyser oorbetaal. (Sien personeelbesonderhede vir meer besonderhede.)
|
OPSIES
|
SOMER | SOMER | WINTER | WINTER |
|---|---|---|---|---|
|
|
Seuns
|
Dogters
|
Seuns
|
Dogters
|
|
Opsie 1:
Gewone skooldrag
|
Kort GRYS
skoolbroek
WIT katoen
skoolhemp
Lang
GRYS
sokkies
SWART
skoolskoene
(Grade 1 - 5 mag
kaalvoet skool
toe kom)
|
Skoolromp WIT katoen
skoolhemp
Kort WIT
sokkies
SWART
skoolskoene
(Grade
1 - 5 mag
kaalvoet skool
toe kom)
|
Lang GRYS
skoolbroek
WIT katoen
skoolhemp
Skooltrui
en/of Skool
sweetpakbaadjie
Lang GRYS sokkies
SWART
skoolskoene
(Geen tekkies!)
|
Skoolromp of
Lang GRYS
skoolbroek
WIT katoen
skoolhemp
Skooltrui
en/of Skool-
sweetpakbaadjie
Kort WIT
sokkies
SWART skoolskoene
(Geen tekkies!)
|
|
Opsie 2:
Gewone skooldrag
|
ALLE SKOOLKLERE
BEHALWE,
SWEETPAKKE,
IS BY DIE
PLAASLIKE
PEP STORES
BESKIKBAAR.
|
ALLE
SKOOLKLERE
BEHALWE,
SWEETPAKKE,
IS BY DIE
PLAASLIKE
PEP STORES
BESKIKBAAR.
|
Skoolsweetpak:
Baadjie en broek
Gholfhemp of katoen
skoolhemp
Sokkies(WIT/GRYS)
TEKKIES
of
SKOOLSKOENE
|
Skoolsweetpak:
Baadjie en broek
Gholfhemp of katoen
skoolhemp
Sokkies(WIT/GRYS)
TEKKIES of
SKOOLSKOENE
|
|
Opsie 3:
Sportdae
|
LO-broek
Golfhemp
WIT
sokkies
en tekkies
(Grade 1 - 5 mag
kaalvoet skool
toe kom)
|
LO-broek
Golfhemp
WIT sokkies
en tekkies
(Grade 1 - 5 mag
kaalvoet skool
toe kom)
|
Skoolsweetpak:
Baadjie en broek
Golf hemp
Sokkies (WIT)
TEKKIES)
|
Skoolsweetpak:
Baadjie en broek
Golf hemp
Sokkies
(WIT)
TEKKIES)
|
| Algemeen |
Serpe van dieselfde blou
as die skooltrui
is toelaatbaar.
Ander truie kan onder
die skool sweetpak
gedra word,
maar
mag nie
uitsteek nie.
|
Dogters se hare
word met wit of blou
rekballetjies of
wit of blou linte
vasgemaak
|
|
Skooltasse moet
asseblief blou, bruin
of swart wees.
Tasse behoort
die skoolboeke,
ens.
te kan beskerm.
Pap-kant-tasse
is nie geskik nie.
|