Webmeesters: Heesen Productions
Tel: 021 801 7485
Sel: 084 909 7485
E-pos: emmeline@heesenproductions.co.za
Webwerf: http://www.heesenproductions.co.za
Sport word hoofsaaklik gedurende skoolure beoefen, sodat ouers wat nie naby die skool woon nie, nie onnodige ritte na en vanaf die skool hoef te ry nie.
ATLETIEK EN KRIEKET
Gedurende die somer word atletiek en krieket vir beide die seuns en die
dogters aangebied. Mini-krieket geniet ook aandag en daar word jaarliks ‘n Laerskool Klawer Mini-krieketdag aangebied.
Op die
gebied van atletiek word daar ook hard gewerk en die skool het die afgelope jare al verskeie SA-atlete opgelewer. Die skool beskik
oor ‘n standaard-grootte atletiekbaan. Die skool beskik oor ‘n paar raakvat-atletiekkenners en lewer jaarliks goeie prestasie op dié
gebied. Mnr. Spamer rig benewens Laerskool Klawer se atlete ook omliggende skole se atlete af. Dié atlete vorder gewoonlik tot op
SA-vlak.
RUGBY EN NETBAL
Gedurende die winter word rugby en netbal aangebied. Mini-netbal vir die kleintjies word ook beoefen. Sporttoere
word ook onderneem waartydens die leerders nie net hul vernuf as sportman wys nie, maar ook kan sosialiseer. Beeldmateriaal
van vorige toere bewys dat leerders ook nog gesonde sports kan hê!
GIMNASTIEK
Gimnastiek is geprivatiseer en daar is fooie hiervoor betaalbaar. Die leerders vorder baie goed op hierdie gebied en verower heelwat toekennings vir hul prestasies.
KULTUUR
KORE
Die skool
beskik oor twee kore, naamlik ‘n junior- en seniorkoor. Deelname aan die plaaslike Klawer Kunste is jaarliks die hoogtepunt.
Die koor tree ook op in die plaaslike kerke.
UNISA MUSIEK: PRAKTIES en TEORETIES
Verskeie leerders lê jaarlikse die UNISA-praktiese
eksamens af. Tans word klavier, blokfluit en sang aangebied.
BYBELVASVRA EN ALGEMENE KENNIS
Hierdie eksamens word kwartaalliks afgelê
en die uitblinkers in die onderskeie afdelings ontvang ‘n wisseltrofee by die jaarlikse meriete-aand.
UITSTAPPIES EN KAMPE
Die skool onderneem verskeie uitstappies na ondernemings in die gebied. Hierbenewens besoek die leerders ook op ‘n gereelde basis DIE BURGERSTRANDHUIS te Muizenberg en SKOOL IN DIE WILDERNIS te Villiersdorp.