Webmeesters: Heesen Productions
Tel: 021 801 7485
Sel: 084 909 7485
Mnr. Esterhuyse was vroeër verbonde aan Laerskool Table View en Laerskool Aggeneys.
Hy is ‘n kultuurmens wat al op streek en nasionale vlak erkenning hiervoor ontvang het. Dit is dus vanselfsprekend dat hy ‘n stigterslid
van Klawer Kunste, Weskus, Kring 9 (5), se eie eisteddfod is. Hy is steeds aktief betrokke by die aanbieding van hierdie jaarlikse
eisteddfod. Tans doseer hy Wiskunde en Engels en leef sy liefde vir musiek as kerkorrelis aan die NG Vredendal-Wes uit.
Mnr. Spamer is die graad 7-registerklas se opvoeder. Hy is ook verantwoordelik vir
die leerderraad en speel in bepalende rol in die handhawing van disspline in die skool. Sy sterk belangstelling in atletiek
stel hom in staat om gereeld atlete tot op nasionale vlak te lewer. Sy staal as afrigter word ook vir leerders van omliggende
skole aangewend. Voorts is hy ‘n omgee-mens.
Mnr. Groenewald het sy onderwysloopbaan aan Laerskool Klawer begin en het reeds meer
as dertig jaar diens aan Laerskool Klawer en die gemeenskap van Klawer gewy. Hy is ‘n taal- en sportliefhebber, asook ook ‘n administrateur
en organiseerder van formaat. Die skool se lapa is ook ‘n bewys dat Mnr. Groenewald nie net droom nie, maar ook doen.
Mev. Davis se lang loopbaan het draaie in die Boland en Namibië gemaak. Benewens
haar funksie as grondslag-opvoeder is sy ‘n groot adminitratiewe aanwins vir die skool. Sy hanteer die skool se data-basis en speel
‘n bepalende rol in die afrigting van eisteddfod, Klawer Kunste. Vele skoolkonserte is al deur haar op die planke gebring – iets wat
die leerders wat daar betrokke was lewenslank sal onthou. Sy het aan die einde van 2012 afgetree, maar beklee tans ‘n SBL-pos
by Laerskool Klawer. Haar insette word waardeer deur kollegas en leerders.
Ons skool se eie “driljuffrou”. Mev. Julie sal alles in die stryd werp om graad 1 werk vas te lê, en seker te maak dat die graad 2’s op standaard is vir graad 3. Sy stel intens belang in die welstand van haar leerders en het al verskeie kere die spreekwoordelike “ekstra myl” vir haar leerders geloop. Sy rig netbal, atletiek en mini-krieket af. Hierbenewens sorg sy vir humor in die personeelkamer tydens pouses.
Me. Stella Muggel (Grondslagfase)