Webmeesters: Heesen Productions
Tel: 021 801 7485
Sel: 084 909 7485
FASES:
Die skool hanteer tans die grade R tot 7. Die gemiddelde grootte van elke klas is ongeveer 27 leerders. Die graad R-klas
is die nuutste toevoeging tot die Skoolstraat-kampus. Die model graad R-klas is opgerig deur die WKOD en staan bekand as: KLAWER KLOUTERS.
LEERPROGRAMME:
NASIONALE enWKOD-beleide word nagevolg ten opsigte van die leerprgramme wat die skool aanbied. ‘n Kreatiewe opvoederskorps, almal KABV-opgelei,
streef daarna om skoolwerk vir die leerders aktueel te hou. Besoek aan plaaslike ondernemings, soos kelders, plase en die strand dra
ook by om leerders te fokus op dié bedrywighede.
Alle leerders word
met skryfbehoeftes, nuwe handboeke (KABV) en ‘n skooldagboek aan die begin van elke skooljaar voorsien.
MEDIUM VAN ONDERRIG:
Die
skool is ‘n Afrikaans-medium skool, maar hanteer ook leerders wat woonagtig in Klawerdorp is en wat Engels as huistaal gebruik. Ondervinding
het ons geleer dat jong leerders gou aanpas by die Afrikaanse gemeenskap.
LEEROMGEWING:
Die skool beskik oor netjiese, toegeruste
lokale. Die grondslagfaselokale is besonders ruim en kindgerig toegerus. Benewens die onderriglokale, is daar ook ‘n biblioteek, ‘n
rekenaarlokaal en ‘n skoolsaal (Valleistraat-kampus). Sommige lokale is met lugversorgers toegerus en daar word gepoog om alle
lokale mettertyd daarmee toe te rus.
REKENAARONDERRIG:
Die skool plaas ‘n hoë premie op rekenaargeletterdheid en rekenaar gesteunde
onderrig. ‘n Rekenaarlokaal is vanaf Julie 2008 vir die leerders beskikbaar, waar hulle onder ander ook toegang tot die internet het.
Die skool poog ook om alle graad 7-leerders na die onderskeie hoërskole te stuur met die vermoë om blind te kan tik. Laasgenoemde
is ‘n proses wat reeds in graad 4 begin.
Hierbenewens beskik die skool oor verskeie rekenaarprogramme om leerders se syfer-,
taal- en leesvaardighede te verbeter. Die skool beskik oor diagnostiese programme waarmee leerder-uitvalle vroegtydig opgespoor en
aangespreek kan word.
LEERDERONDERSTEUNING:
Ingryping by leerders wat nie na wense presteer nie, word deur die opvoeders self hanteer