Suid-Afrika my land, Laerskool Klawer, my skool!
Geskiedkundige Oorsig
Herlaai die webblad om die nuutste veranderinge te vertoon.
Kopieregte©Heesen Productions
Alle regte voorbehou
2004 Die skool begin die eerste streek-eisteddfod. Dit staan bekend as KLAWER KUNSTE
2006 Rugbyveld word vergroot om ruimte te
skep vir ‘n standaard atletiekbaan rondom. Die grondverskuiwing beloop ongeveer R 50 000!
2009 Die skool het ongeveer 190 leerders,
7 opvoeders waarvan twee deur die SBL besoldig word en vyf deur WKOD besoldig word. Musiekonderrig is geprivatiseer en vind gedurende
skoolure plaas.
Die RUGBYVELD en ATLETIEKBAAN word voltooi. Voldoende sitplekke is aangebring aan die kant van die veld/baan en die
skool stel hul beskikbaar om die jaarlikse NWB-atletiek byeenkomste vir laerskole aan te bied.
Die skoolgebou waar Laerskool Klawer vandag
in Skoolstraat gehuisves word, is nou ouer as ‘n halfeeu oud.
2011 ‘n Nuwe graad R-kompleks word deur WKOD gebou. Die eerste graad
R-leerders betrek die KLAWER KLOUERS-kampus. Die eerste amptelike, ingeskrewe Graad R-leerders was, Mulan Welgemoed. Me. Helena Janse
van Rensburg word die die eerste aangestelde Graad R-onderwyseres van Laerskool Klawer.
2013 Die skool het ongeveer 220 leerders,
9 opvoeders waarvan drie deur die SBL besoldig word en ses deur WKOD besoldig word. Musiekonderrig is geprivatiseer en word aangebied
deur twee deeltydse musiekonderwysers.