lsk001009.gif
Suid-Afrika my land, Laerskool Klawer, my skool!
                                      
Kennis oorwin
Jy leer ander maar min deur wat jy sê.
Jy leer deur wie en wat jy is. Henrietta C. Mears
Laerskool Klawer
lsk001006.jpg
Klik hier om die nuutste
Adobe Reader sagteware
af te laai
Boodskap van die Skoolhoof
Baie welkom by die amptelike webblad van Laerskool Klawer.
 
Ons poog om met hierdie webblad te weerspieël wat by hierdie skool, aan die oewer van die Olifantsrivier, gebeur!
 
Die skool speel al meer as 110 jaar ‘n opbouende rol in vele mense se lewens en vandag poog die skool steeds om ‘n positiewe bydrae tot die lewens van die leerders, die gemeenskap en streek te maak.
 
My persoonlike lewensbeskouing is: Maak die beste met dit wat jy het. Die skool weier om deel te raak van die negatiewe statistieke waarvan ons daagliks in die media verneem. Met hierdie houding, die ondersteuning van WKOD, ‘n positiewe ouerkorps en ‘n ingeligte personeelkorps, verseker die skool dat die beste op akdemiese, sport- en kultuurgebied vir elke leerder aangebied word.
Daar word onderrig vir leerders vanaf Graad R tot 7 aangebied. Die leerders is woonagtig in Klawer en omliggende plase. Die meeste leerders maak van busvervoer gebruik om hierdie skool van hul keuse te bereik.
Ons poog om ‘n positiewe bedrae tot elke leerder se lewe te lewer en elkeen se kennis, vaardighede, selfdissipline en besluitneming te ontwikkel. So word daar gestand gedoen aan ons skool se leuse: Kennis Oorwin!

Vriendelike groete
 
Johann Esterhuyse
Skoolhoof
lsk001004.jpg
Ligging
Blou wilde klawerblom Doringrivier kanovaart Advertensieprent van Rittelfees Klawer hoofstraat Rittelfees Skoolterrein
Terug na bokant van bladsy
Laerskool Klawer is geleë op die oewers van die Olifantsrivier, wat kronkel deur die lowergroen wingerde van die omgewing.

Gedurende blommetyd word die omgewing in ‘n ware paradys omskep. Die dorp het sy naam te danke aan die wilde klawer wat in die omgewing groei.

Die nabygeleë Doringrivier is gesog vir vlotvaart en ekspedisies. Besoekers kan ook kom proe aan die lekker wyn van die Klawer Wynkelder langs die N7 op pad na Kaapstad.

Klawer is die sentrale punt waarvandaan plekke soos Vredendal, Strandfontein, Lambertsbaai, Clanwilliam en Vanrhynsdorp maklik bereik kan word.

Die dorp spog met goeie gastehuise en besoekers kan gerus navraag doen oor geriewe:

IN KLAWER-DORP:
KLAWER HOTEL
OASIS COUNTRY LODGE
AFRIQUE
NABY KLAWER OP PLASE:
ROOMS WITH A VIEW
LEMOENKLOOF
KAPEL GASTEHUIS
Herlaai die webblad om die nuutste veranderinge te vertoon.

Webmeesters: Heesen Productions

Tel: 021 801 7485
Sel: 084 909 7485

E-pos:   emmeline@heesenproductions.co.za

Webwerf:  http://www.heesenproductions.co.za

 

Tuisblad 
Missie van die Skool
Geskiedkundige
Oorsig
Videogalery
Fotogalery
Personeelbesonderhede
Akademiese personeel
Steunpersoneel
Personeel
Onderrigstrategie
Khanya
Buitemuurse
Bedrywighede
Skooldrag en Tariewe
Skoolkwartale en
Vakansiedae
Kontak Ons
Kopieregte©Heesen Productions
Alle regte voorbehou
Hoogtepunte
<bgsound src="skoollied.mp3" loop="infinite">
Kantoor van Skoolhoof